Nog ‘n mylpaal in die suksesverhaal van die Historiese Metaalverklikkers Suid -Afrika en Lukas van der Merwe, ook bekend as die Generaal van Metaalverklikkers in Suid -Afrika! Dit was ‘n kwessie van tyd voordat die aandag van die media op dié Legende van Metaalverklikkers en die Metaalverklikker-museum gevestig sou word. Kwela, ‘n joernaal program van KykNET Kanaal 144, wat deur Suid Afrika reis om indrukwekkende Suid -Afrikaanse persoonlikhede te ontmoet en mee onderhoud te voer, het onlangs Lukas by sy Metaalverklikker Museum besoek. Inderdaad ‘n indrukwekkende Suid -Afrikaner! Metaalverklikkers en die bevrediging wat dit bring, om geskiedenis vanuit die grond te ontbloot, is ‘n integrale deel van sy lewe. Dankie Generaal vir u toewyding tot die geskiedenis, die stokperdjie van metaalverklikkers , u passie in die algemeen en ondersteuning van die metaalverklikkerbedryf. Die episode word op Sondag 26 Junie 2022 om 18h00 uitgesaai. In die voorskou is Lukas in aksie met ‘n Equinox 800 Metaalverklikker, ‘n top produk van Minelab Australië, die Wêreldleier in Metaalopsporingstegnologie.
Youtube Voorskou: 26 Junie 2022 – Kwêla | kykNET:
MINELAB SA Facebook Post: 27 Nov 2021: https://fb.watch/dNjcCeoFvR/
Ter viering van die uitbreiding van die reeds indrukwekkende metaalopsporingsmuseum @ Mount Ingwe. Dankie aan almal wat saam was en spesiale dankie aan Lukas van der Merwe vir die uiterste harde werk en passie wat in die Museum gegaan het.
Hierdie is net ‘n voorsmakie, kom besoek hierdie unieke Museum.